"MOEILIKE SITUASIES IS SOOS GIF WAT OP ONS PAD KOM MAAR DEUR DIE ONDERSTEUNING VAN 'N WARE VRIEND KAN DIT OORKOM WORD."
Na die grusame moord van sy pa en broer, het Raymond (Kriek) en sy ma besluit dat hy hoërskool by 'n kosskool in Gauteng sal begin.
By die skool het Kriek besef dat dit nie so maklik is om aan te beweeg nie. Hy het gedink dat die afstand tussen hom en sy ouerhuis in Melkbosstrand dinge sou vergemaklik, maar na drie jaar kon hy steeds nie die trauma verwerk nie.
Aan die einde van Graad 10 was Kriek opgewonde om terug te keer na sy ouerhuis alhoewel hy gevoel het dat hy sy boesemvriend, James (Koedoe), in die steek laat. Koedoe se lewe was vol gif en hy en Kriek kon hulle diepste geheime slegs met mekaar deel.
Nog meer trauma het vir Kriek gewag met sy aankoms terug in die Kaap.
"Gif tussen ons are" sal jou op 'n reis neem waar jy soms wil lag, op tye wil huil en waar jy beslis trane in jou oë sal kry.
Es wurden noch keine Bewertungen abgegeben. Schreiben Sie die erste Bewertung zu "Gif Tussen Ons Are" und helfen Sie damit anderen bei der Kaufentscheidung.