Tinki se werk op die plaas Blouberg is 'n droom totdat sy Zac, die nuwe baas, ontmoet. Hulle vryf mekaar verkeerd op, maar moet noodgedwone saam werk wanneer wildeperde in die distrik skielik verdwyn. Stadig maak wrewel plek vir liefde en Zac trap spore op haar hart.
Karen de Villiers is gebore op Pietermaritzburg, maar bly die afgelope een en twintig jaar in Bloemfontein. Sy werk vir die afgelope 28 jaar in die Staatsdiens. Sy is getroud en het twee kinders. Sy is baie lief vir lees en kamp. Op twaalfjarige ouderdom het sy haar eerste roman gelees en kon sedertdien nie ophou lees nie. Sy droom al jare daarvan om 'n roman te skryf. Uiteindelik is haar droom verwesenlik.
Bewertungen
0 Bewertungen
Es wurden noch keine Bewertungen abgegeben. Schreiben Sie die erste Bewertung zu "Spore in die wind" und helfen Sie damit anderen bei der Kaufentscheidung.