6. BOEIE VAN DIE DOOD - FABEL RETIEF REEKS
In die stofdroë, vreedsame dorpie Swartrand, waar die grootste nuus 'n nuwe tennisvoorsitter is, word die gemeenskap tot in sy fondamente geruk. Die geliefde Alwyn Colenbrander, 'n man sonder vyande, is koelbloedig in sy studeerkamer vermoor, 'n antieke dolk diep in sy hart gedryf. Met geen leidrade, geen motief en 'n skoongeveegde moordwapen, staan die plaaslike polisie magteloos voor hierdie skynbaar onmoontlike raaisel.
Dan daag 'n vreemdeling op, 'n man met 'n reputasie wat hom vooruitloop. Die legendariese speurder, Fabel Retief. Onder die dekmantel van 'n gewone besoeker, dring Fabel deur die dorp se fasade van kalmte en sy skerp oog val gou op die nuwe kroegman. 'n Man met 'n donker verlede en 'n skokkende verbintenis met Colenbrander se beeldskone weduwee, Renske. Fabel besef gou dat die moordenaar nie net 'n vreemdeling is nie, maar 'n geharde oud-kommando lid, aangevuur deur jare se opgekropte haat en wraaklus.
Wat volg, is 'n sielkundige kat-en-muis-speletjie wat ontplof in 'n gewelddadige konfrontasie en 'n desperate vlugtog, diep die ongenaakbare wildernis van die Visrivier-skeur in. Hier, in die hart van die afgrond, word die twee aartsvyande op die mees ondenkbare wyse aan mekaar verbind, deur die ystergreeptang van die gereg. Vasgeboei aan die moordenaar, begin dit vir Fabel 'n stryd om oorlewing, waar slegs een kan wen. Sal sy briljante verstand genoeg wees om die dierlike krag van 'n gewetenlose soldaat te oorleef, of sal die "Boeie van die Dood" hulle albei na 'n gewisse ondergang sleep?
#FabelRetiefReeks
Es wurden noch keine Bewertungen abgegeben. Schreiben Sie die erste Bewertung zu "Boeie van die Dood" und helfen Sie damit anderen bei der Kaufentscheidung.