Ná jare in Kenia en Malawi, het Alma Carstens en haar man die Afrika-stof van hul voete afgeskud. Sedert 2015 woon hulle in Bangkok, Thailand. Stories skryf en lees was nog altyd vir haar meer as net 'n stokperdjie; deesdae is dit 'n noodsaaklikheid wat help met die verlange na hul kinders in die Kaap. Sy is dol oor reis, goeie wyn, 'n kaggelvuur en die see.