Elsa Drotsky is weduwee ma en ouma en woon in Pretoria. Sy hou van klassieke musiek, ander tydlose wysies en geniet vriende en familie se geselskap. Sy plaas haar stories teen agtergronde wat haar verbeelding aangryp. In sommige gevalle moet grense deur denkbeeldige stadsvaders verskuif word vir haar fiksie om te gebeur. Haar stories sal geskryf word solank lesers daarvan wil lees.