Gedurende haar werksloopbaan het Ida Bester haar hand gewaag aan verskeie take wat met taal te make het. Sy het dit vaarwel geroep om voltyds te skryf en het al meer as 15 boeke die lig laat sien, waarvan die 11 Romanzas wat deur LAPA Uitgewers uitgegee is vir haar die grootste genoegdoening gebring het. Nadat sy vir 11 jaar lank in Leeupoort op Limpopo gewoon het, het sy en haar man teruggetrek Pretoria toe waar hulle vroeër hul vier kinders grootgemaak het. Ida is dol oor hul 11 kleinkinders. Haar stokperdjies is lees, reis, scrapbooking en die versameling van klein vetplante.